You are on page 1of 5

Help jou kind presteer

Die nuwe skooljaar het aangebreek, en ons almal skarrel rond om die kinders gereed
te kry vir die akademiese uitdagings wat vanjaar op hulle wag. Maar het jy geweet
LAPA het boeke wat jou kind kan help om beter te presteer op skool?

Leer vlot lees met ons Tippie-leesreeks:


die goedkoopste leeshulp in die land

SLEG R30!
Hier by LAPA weet ons hoe belangrik lees is as dit kom by akademiese
prestasie. Ons bied ʼn wye verskeidenheid bekostigbare kinder- en
leesboeke teen uiters bekostigbare pryse, maar het selfs ‘n stappie verder
gegaan: ons help jou kind speel-speel om vlot én met begrip te lees met
ons Tippie-leesreeks.

Hierdie vrolik geïllustreerde reeks is spesiaal ontwikkel deur twee


onderwyseresse met jare se ervaring van remediërende onderwys, en is
een van die maklikste maniere om jou kind te leer lees. En as ʼn kind met
begrip kan lees, is die akademiese stryd halfpad gewonne. Boonop het
Tippie al van duisende kindertjies lesers en boekliefhebbers gemaak.
Die vier Tippie-reekse bestaan uit verskillende boekies wat die kind
geleidelik blootstel aan al die verskillende klanke. Dit begin byvoorbeeld
met basiese klanke soos “eu”, “ie” en “ou” en drieletterwoorde, alles
vervat in kort, eenvoudige en prettige stories met vrolike illustrasies.
Elke Tippie-boekie bevat boonop ʼn woordeskatlys, ’n lys met die
enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met
“voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en
onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas
te lê.
Tippie is die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreeks tans op die
mark. Bestel sommer vandag nog ’n paar boekies vir jou kleinding! (Maar
ons waarsku jou: hy of sy sal gou vra vir nog!)

Bestel dit hier!

Klasgids: een van die baie maniere waarop ons Afrikaans makliker maak

Klasgids is al meer as 50 jaar lank die Afrikaansonderwyser (Huistaal, Eerste en


Tweede Addisionele Taal) se regterhand in die klaskamer. Die tydskrif verskyn
kwartaalliks en bevat onder andere:

 Vraestelle

 Taaloefeninge en –toetse

 Besprekings en vrae oor voorgeskrewe gedigte en kortverhale

 Wenke vir onderwysers en lesers oor allerhande onderwerpe

 Lees wat doen onderwysers wat omgee vir hul leerders en vir Afrikaans!

Daar verskyn elke kwartaal twee uitgawes van Klasgids: een vir die laerskool en een vir
die hoërskool.

Koop klasgids!
Skryf in vir Klasgids!

Gratis studiegidse vir voorgeskrewe boeke

By LAPA wil ons lees lekker maak, en daarom het ons ook ’n verskeidenheid gratis
studiegidse vir verskeie voorgeskrewe boeke.

Laai dit hier af!

Gaan kyk gerus op www.lapa.co.za onder die afdeling KLASKAMERHULP na al die


maniere waarop ons jou kind kan help om vanjaar beter te presteer.
Leesgroete,
Die LAPA-span

Copyright © 2018 lapa@lapa.co.za, All rights reserved.


TODO:

Our mailing address is:

lapa@lapa.co.za

Bosmanstraat 380

Pretoria, Gauteng 0002

South Africa

Add us to your address book

Want to change how you receive these emails?


You can update your preferences or unsubscribe from this list.

You might also like