You are on page 1of 4

VIBRATO

STRING REFRESHER COURSE JAN 2012

Historiese agtergrond

Leopold Mozart se opmerkings oor vibrato in sy “Versuch einer gründlichen Violinschule” (1756) is
mees volledige en gedetailleerde. In die 18de eeu. Sien oorsprong in die natuur en verwys na die
“bewing”/”wavering” van die klank as ‘n klok gelui of ‘n (lae) snaar gepluk word (ondaggiamente). Hy
sê spesifiek dat die l.vinger ‘n klein beweging na vore en agter moet maak, nie sywaarts nie. Hy
spesifiseer ook dat die beweging stadiger moet wees in piano dele, en vinniger in forte dele. Hy
kritiseer ‘n kontinue vibrato: “…Performers there are who tremble consistently on each note as if
they had the palsy…”!

In Franse treatises eers relatief laat genoem: Corrette 1782 (balancement).

Vibratobeweging sou relatief klein gewees het agv afwesigheid van kenrus en skouerstut.

Spohr sê dat vibrato maak dat ‘n noot “…sounds a little below and a little above the true intonation
and is produced by a trembling movement of the left hand in the direction from the nut to the
bridge.” Hy meld ook dat die violis “…should take care not to introduce it too often and in unsuitable
places.” Hy gee 4 spoedkategorieë: 1. Vinnig vir sforzandi asook agitato dele 2. Stadig vir “breë” note
en gevoelvolle gedeeltes 3. Stadig na vinnig (by crescendi) 4. Vinnig na stadig (by diminuendi).

[Contra Mozart. Spohr, ens: Galamian, Fisher: vibrato moet “neig” na die verlaagde kant van die noot
(die agtertoe-beweging is belangriker). “…vibrato is made with only one active movement, which is
forward to the in-tune note [maw daar word nie “verby” die basisnoot beweeg nie]: the backward
movement is like a rebound.” (Fisher 1997:662).

Ook Baillot is ‘n voorstander van selektiewe vibrato: “…if employed often it would soon lose its
moving quality…” Vibrato is dus gebruik as koloristiese effek, soos wat ons vandag non-vibrato as
koloristiese effek sou gebruik!

[Cheslock se fisies-akoestiese studie van vibrato (An introductory Study of the Violin Vibrato [1931])

[1932: Universiteit van Iowa se studie van vibrato by sangers en strykers. Onderskei 3 aspekte: 1.
Fisiologiese (die metode waarop die vibrato voortgebring word) 2. Fisiese (die resulterende
akoestiese effek/klankgolwe) 3. Psigologiese (sintuiglike/ouditiewe/sensuele indruk op luisteraar).

Soorte

Basies 3. Arm- en handvibrato behels ‘n passiewe beweging vd vingers, vingervibrato ‘n aktiewe


beweging. Die essensie van vibrato ‘n beweging van 1-3 mm wat deur die vingerpunt uitgevoer word!
Dan is die belangrikste fokuspunt m.i. die kneukel wat soepel moet wees. (Oefeninge daarvoor)

LW Interessant: Stamitz, Baillot en Capet is voorstanders van “vibrato met die stok”. Capet praat van
“rolled bow stroke” waardeur ‘n tipe golwing verkry word. = parlando (vgl toepassing daarvan in
sekere passasies van die Bach a mineur concerto).

Aanleermetodes
Volgens Neumann (1969) Meganiese benadering (dogmaties; dikwels ook onverdraagsaam) versus
Organiese benadering (spontaan/natuurlik; meer verdraagsaam).

Hermann Kaplan se staaltjie oor Auer! (Menuhin oor [?] Elman)

Norman Lamb (1971): vibrato should never be mechanical – it must respond to the emotional stimuli
of the music.

Menuhin glo dat spoed van vibrato gereguleer word deur die sagtheid of fermheid van die l.kneukels.

 Wanneer begin? –as LH posisie gevestig is, en as 3de posisie al gedoen is. Voordeel: in 3de
posisie kan LH gestut word teen viool.
 Watter soort vibrato (hand- arm-/ens)? [Minette]

Galamian doen “vingerwisseling”-oefeninge aan die hand [maar ek het probleem met die rigting; hy
doen dit “op” ipv “af”: c#-d-d-d-d-ens ipv d-c#-c#-c#-ens]

NB Rolland:

1.hou albei arms eers na vore, met palms na onder. Doen “skudbeweging” (verkieslik in ritmes).

2. Draai handpalms geleidelik na mekaar, en eventueel geleidelik na die gesig toe.

3. Sit nou viool in “banjo-posisie”, dan “skiet-posisie”, dan met viool onder die ken. (Alles nog sonder
die strykstok.)

4. Stryk nou kwartnote saam met die vibrato

Ander/verdere oefenstappe:

1. Laat arm afhang, lig en raak aan skouer met vingers (begin met groot bewegings; engage
groot spiere en spierkomplekse)
2. Laat arm halfmas hang; gooi l.pols agtertoe (om agtertoe –aksie te bevorder)
3. Gebruik r.arm as “viool”, met arms voor maag. Doen arm- asook handbewegings.
4. Plaas 2de of 3de vinger in derde posisie [waarom nie 1ste vinger nie?] en laat vinger agtertoe
“collapse’ deur arm of pols terug te trek in rigting van krul. [LW moenie vir leerling voorsê
watter beweging nie]. Herhaal nou meer en meer.

Meer spesifiek vir handvibrato: stut LH teen viool, maak 10 groot en stadige, en dan 10 groot en
vinnige, agtertoe-sleepbewegings met die hand sodat 2de/3de vinger oor die snaar gly (pols is dus
die pivot). Maak bewegings kleiner met elke stel, totdat vinger op een plek en slegs kneukel inval.

Vir armvibrato: doen dieselfde oefening, maar sleep die hand tussen 1ste posisie en 4de/5de posisie
met elmboog as pivot (dus armaksie, en nie polsaksie nie).

‘n Volgende stap sou JdW se “glissando”-oefening wees. [Bevorder dalk styfheid?]

My mees suksesvolle oefening: ritmes (met agtertoe beweging as impuls)! Daarmee saam Fisher se
“gly-intervalle-in ritme”-oefeninge (maar voeg ook “teenoorgestelde” ritme by [nie net lang,
gepunteerde noot gevolg deur vinnige nootjie nie, maar ook vinnige nootjie gevolg deur lang
gepunteerde not]). Maak intervalle kleiner en kleiner.
In aansluiting by vorige: 1. laat gly hele vinger ‘n halftoon, gevolg deur slegs kneukel wat halftoon
itvoer. (met al die vingers).

Verder: “klop”-oefening in hoë posisie

Algemene opmerkings

Vir die inoefen van ‘n ononderbroke vibrato: (Speel ‘n noot met vibrato op een snaar, terwyl die
ander vingers beurtelings getik word op ‘n ander snaar (Fisher).

Die posisie vd LH se basiskneukels (dié naaste aan hand) is NB: hulle moenie met mekaar “interfere”
nie.

Wees bewus van stylperiode

Kultiveer gebruik van non-vibrato as ekspressiewe effek!

Moenie dat vibrato swak intonasie kamoefleer nie (daarom ook tnlre en arp sonder vibrato; ook ‘n
goeie oefenmetode om intonasie aan te suiwer)

Indien styf: laat regterskouer ontspan!

Moet nooit fokus/inzoom op vibrato wat te vining/“histeries” is nie – dit bevorder angstigheid.

Amplitude van “viool”-vibrato is slegs die helfte van ‘n “sanger”-vibrato (¼ toon versus ½ toon).

Frekwensie van vioolvibrato is byna altyd tussen 5.5 en 7 siklusse, ongeag dinamika (Rolland 1979:51
sê 5-9). Cheslock het ‘n frekwensietoename van slegs 8% gevind vanaf PP-FF, terwyl die
amplitudeverskil 100% was.

Drukking: Geminiani (1751), L Mozart (1756), Campagnoli (einde 18de eeu) propageer groter
drukking van l.vingers wanneer vibrato gedoen moet word. Ook Auer en Grünberg in die 20ste eeu.
Eerder minder drukking. Druk hang ook af van toonkleur wat verky wil word.

Toets vir goeie vibrato: beheerbaar (tov spoed [frekw], grootte [ampl] en tipe, asook tov non-vibrato)

!! Strad Januarie 1908 contra “everlasting vibrato”: “trembles like jelly on a plate in the hand of a
nervous waiter”!!

!! “…arbitrary use of vibrato is like a jagged edge in a pencil drawing where the arm has been
accidentally jerked; truly used it is like the controlled brush of the Chinese landscape painter who
uses a thicker line to accentuate a significant part of his subject” (Whone 1976:111).

“Troubleshooting”. Indien vibrato te groot en stadig is, probeer die volgende: 1. maak kneukels
effens stywer en/of 2 hou l.pols effens verder agtertoe (Galamian 1962:42) om die “distance covered
by the fingertip” te verminder. Indien vibrato te “histeries” is, probeer teenoorgestelde van ng 2
stappe. Wat ook baie goed werk is “ritmiese stappe”: eers 2 kwartnote, dan 3 triool-kwartnote, dan
4 agstenote, 6 triool-agstenote, 8 sestiendes. Oefen latyd met ‘n terugwaartse beweging.

Spoed, wydte en intensiteit (vgl Galamian): speod=frekwensie, wydte =amplitude, intensiteit is die
kombinasie van eg twee (dus 4 permutasiemoontlikhede). Algemene riglyn (Galamian): forte vereis
vinnige en wye vibrato, piano stadige en klein vibrato (hoewel soms ook vinnige en wye vibrato
[Brahms?])

You might also like