You are on page 1of 1

MEMORISERING

STRING REFRESHER COURSE

Die “Moeder” van memorisering: Clara Schumann (1819-1896)!! (A Williams in Rink J, 2002:113)
1828. Liszt o.a. volg haar na. Resensente maak dit af as swak smaak. Paganini (1782-1814)? (tot 1823
hofoptredes, daarna Wenen, 1828 Duitsland, 1831 Frankryk en Engeland; na 1834 selde nog
uitvoerings gegee]

Redes vir memorisering

1.Vryheid vir speler

2. Gehoor meer beïndruk (luister ook met oë!) [vgl gehoor-eksperiment met Bach Tjellosuites 1-3
(Rink 115): gehoor se evaluasie word o.a. bepaal deur die perceived visual information.

Vorme van memorisering

1. Gehoor/oudiële geheue: speler “hoor” musiek in sy “geestesoor”


2. Oog/visuele geheue: “sien” partituur voor geestesoog
3. Kinestetiese geheue: “muscle memory” [mees onbetroubare?]

Bogenoemde is nie noodwendig “intelligente”/rasionele metodes, soos bv insig in harmoniese


verloop en vormskema, nie. Meer “outomaties”/onwillekeurig. Lg metodes meer “analities”.
Kombineer albei metodes!

Metodes/wenke vir memorisering

1. Herhaling!
2. Visualering los/weg van musiek (“shadow practising”). [Staaltjie oor Vivaldi A mineur]
Bevorder internalisering asook sielkundige voorbereiding. Daardeur word intellek betrek –
kan nie “wegkruip” agter “muscle memory” nie. Dink jou in in die volledige situasie:
konsertsaal, ligte, gehoor, orkes. Doen dit kort voor slaaptyd (hopelike vestiging van
oefenpatrone in onderbewuste tydens Beta(?)-slaap
3. Boublokke [word byna nooit genoem nie!]: begin by moeilikste deel, oefen (een) maat, voeg
dan afwisselend mate voor en na die eerste boublokkie in.
4. Indien geheueglips: isoleer die plek en pas boublokmetdode toe.
5. Kry geheelbeeld (vormskema, harmoniese prosesse).
6. Oefen die seksies in die korrekte (chronologiese) volgorde (A-Z)
7. Oefen ook later omgekeerd (Z-A). [As jy van agteraf vorentoe kan tel/die
weeksdae/maande/ens opsê, beteken dit jy het die geheelbeeld in jou kop]

Addisionele wenke

1. Begin lukraak op enige plek in die musiek en speel aan


2. Sorg dat stryke, vingersettings en posisieskuiwe reeds uitgewerk is.
3. Moenie probeer “safe” speel deur “uit kop” te speel, maar musiek nog byderhand op
staander nie.
4. Lê alle self-consciousness af

You might also like